Oscar huis soos ‘n ‘baba’ toe hy Reeva se ouers ontmoet
Daar word berig dat Reeva Steenkamp se ouers vir die eerste keer besonderhede bekend gemaak het oor hulle ontmoeting met Oscar Pistorius, soos bepaal deur sy parool-aansoek voorwaardes. Hulle sê hulle mening is dat hy agter tralies moet bly. Reeva se pa, Barry, sê Oscar het soos ‘n baba gehuil. Hy sê hulle het eers vir Pistorius vergewe vir die dood van hulle 29-jarige dogter tien jaar gelede, op Valentyndsdag maar, omdat hy weier om te erken dat hy haar doelbewus geskiet het glo hulle nie hy moet vrygelaat word nie. Pistorius se parool verhoor sal in Maart gehou word.