Nog befondsing vir Afrika-landbou

Die Afrika-ontwikkelingsbankgroep en die regering van Kanada het die stigting aangekondig van ‘n nuwe spesiale fonds om Afrika se klein- en mediumgroote landbouondernemings te steun. Bekend as die Agri-food SME Catalytic Financing Mechanism, wil die fonds die risiko verwyder van beleggings in landbou. Op die oomblik is die sektor se bronne van finansiering plaaslike handelsbanke. Die hoof van die ontwikkelingsbank, Admassu Tadesse, sê banke verkies tans om te belê in groter ondernemings wat al lank bestaan.