ANC het nuwe plan vir studentebefondsingFebruary 12, 2023

Nes in Namibië, is daar ook uitdagings in die buurland met die befondsing van tersiêre onderwys. Maar, daar blyk om ‘n plan te wees… die Suid-Afrikaanse onderwysvakbond Sadou het die ANC-regering se plan om die volledige studente-befondsingsmodel vir hoër onderwys af te handel verwelkom, veral vir studente wat tans nie gedek word deur die NSFAS-befondsingskema nie. Sadou se algemene sekretaris, Mugwena Maluleke, sê dit bring verligting vir onderwysers, verpleërs en polisielede, wie se kinders nie geldelike hulp ontvang vir hoër onderwys nie. Maluleke voeg by die plan moet spoedig ingestel word.