Zambezi-polisie maak Katima se strate skoon

‘n Teenmisdaad-operasie wat op 16 Januarie van stapel gestuur is op Katima Mulilo is as ‘n sukses bestempel. Daar word berig dat gedurende die tydperk, was daar net twee huisbrake aangemeld, teenoor twee ‘n dag voor die operasie begin is. Nampol se streeksbevelvoerder, Andreas Shilelo sê gemeenskapslede moet paraat bly en vreemdelinge aanmeld. Daar is tydens die operasie 170 dagvaardings wat verband hou met misdrywe ter waarde van meer as 130 000 Namibiese dollar uitgereik, en 84 onwettige immigrante van Zambië, Angola, Zimbabwe, Ghana en Uganda is ook in hegtenis geneem. Die dwelmwetstoepassers het beslag gelê op talle onwettige items, insluitend sigarette met ‘n straatwaarde van meer as 4 000 dollar.