Woods is volgende week by PGA in Los Angeles
Tiger Woods sê hy sal speel in volgende week se PGA-toernooi in Los Angeles. Daarmee keer hy terug na mededingende gholf, ná ‘n afwesigheid van sewe maande terwyl hy herstel het van beserings wat hy in 2021 in ‘n motorongeluk opgedoen het. Die voormalige wêreld nommer een-speler, wat die afgelope twee jaar min gesien is na die ongeluk waarin hy ernstige beenbeserings opgedoen het, was laas in Julie in die Britse Ope in aksie. Woods het in November aangedui hy verwag om in die toekoms net in ‘n handjievol toernooie, buiten groot kampioenskappe, te speel.