Meer as 25 000 kla oor Clarkson se aanmerkings oor Meghan
Brittanje se persreguleerder ondersoek ‘n rubriek wat Jeremy Clarkson vir die koerant Sun geskryf het. Die televisie-persoonlikheid sê daarin hy hoop prins Harry se vrou, Meghan Markle, sal eendag gedwing word om nakend deur die strate te loop. Hy sê hy haat haar op ‘n erge vlak. Daar word berig die meningstuk het die meeste klagtes tot nog toe by die Onafhanklike Pers-standaarde-organisasie laat instroom. Meer as 25 000 lede van die publiek het daaroor gekla.