Lula se ingrypings in Amasone werp reeds vrugte af
Ontbossing in Brasilië se Amasone-reënwoud het in Januarie vir die eerste keer in ‘n jaar onder die bewind van President Luiz Inacio Lula da Silva gedaal. Data toon dat 167 vierkante kilometer verlede maand in die streek ontwoud is, 61 persent minder as in Januarie 2022. Die aankondiging kom terwyl Lula ontmoet met Amerikaanse President Joe Biden oor verskeie sake, insluitend die beskerming van die Amasone wat belangrik is vir die Brasiliaanse president. Lula het ook reeds spesiale magte in gebiede ingestuur om ontslae te raak van onwettige myners wat ook inheemse nedersettings teister en waterbronne besoedel.