EFF eis speaker se verskoning of hy nader die hof
Die EFF dreig met regstappe nadat sy lede Donderdag voor die staatsrede uit die Kaapstadse stadsaal verwyder is. President Cyril Ramaphosa se toespraak het meer as 30-minute laat begin nadat die EFF-lede, geklee in hulle gebruiklike rooi oorpakke, die verhoog bestorm het, waarna die polisie ingeroep is om hulle te verwyder. Die president van die party, Julius Malema, het die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, 48 uur tyd gegun om verskoning aan te bied, ander gaan hulle regstappe doen.