Amushelelo staan vas te midde van hofdreigement van Shikongo
Plaaslike media berig dat die Nampol-hoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga ‘n waarskuwingsbrief aan aktivis Michael Amushelelo gestuur. Sy prokureur, Nambili Mhata, het Amushelelo opdrag gegee om op te hou om valse gerugte oor hom te versprei of hy sal hom hof toe sleep en dagvaar vir ‘n miljoen Namibiese dollar in skadevergoeding vir laster. Amushelelo het op sy sosiale media gereageer en sê sy informante is betroubaar en daar is ‘n wesenlike bedryging op sy lewe. Dit kom na hy Shikongo as ‘n moordenaar beskryf het na die noodlottige ongeluk op 30 Desember, en gesê het hy moet gearresteer word. Hy sê iemand moet vir Shikongo sê hy sal niks van sy sosiale media-platforms verwyder nie en as hy wil hê hy wat Amushelelo is moet stop, moet hy wat Shikongo is homself oorhandig aan die polisie. Hy sê daar is geen nut vir Shikongo om te wag tot Valentynsdag nie – hy sal nie vir hom blomme stuur nie.