Aapdief sê hy’s lief vir diere en sal weer steel wanneer hy uit die tronk is
‘n Amerikaanse man wat daarvan aangekla word dat hy twee Keiser Tamaryn-apies uit Dallas se dieretuin gesteel het, sê hy is lief vir diere en beplan om nog te steel wanneer hy vrygelaat word. Davion Irwin is in aanhouding nadat hy in hegtenis geneem is ná die diefstal op 29 Januarie. Irvin het aan die polisie gesê hy het deur Bella en Finn se hok gesny, saam met hulle op ‘n trein gespring en hulle na ‘n verlate huis geneem. Die polisie het ‘n wenk ontvang en die twee apies in ‘n kas gevind saam met ander diere soos katte, duiwe en ‘n paar dooie visse.