VF+ stem saam met hardhandigheid van optrede in parlementFebruary 10, 2023
Optrede teen die EFF nadat hulle gisteraand die staatsrede probeer ontwrig het, het tot ʼn openlike meningsverskil tussen die DA en die Vryheidsfront Plus gelei. Lede van die EFF is met geweld uit die Kaapstad Stadsaal verwyder nadat hulle die verhoog waar die president gesit het, bestorm het. Die leier van die DA, John Steenhuisen het sy kommer uitgespreek oor die ingryping van gewapende veiligheidspersoneel. Hy is van mening dat dit neerkom op openlike intimidasie van parlementslede. Die leier van die Vryheidsfront Plus, dr. Pieter Groenewald, het openlik van Steenhuisen verskil. Volgens hom was die EFF-LP’s se gedrag ʼn bedreiging vir die president se veiligheid.