Turkye, Sirië: 21 000 dood, kleuter na 80 ure geredFebruary 10, 2023
Die dodetal ná Maandag se verwoestende aardbewings in Turkye en Sirië het gestyg tot meer as 21 000. Twee aardbewings met ‘n sterkte van meer as 7, het die twee lande vinnig na mekaar getref, duisende geboue vernietig en slagoffers in die puin vasgekeer. Die minister van gesondheid in Turkye het bekend gemaak die dodetal in sy land het tot minstens 17 406 gestyg. Minstens 3 317 mense is tot dusver Sirië dood. Intussen is ‘n tweejarige kleuter in Antakya in Turkye gered, na byna 80 uur onder die puin.