Sprinkane ‘vertraag’ – daar’s nie genoeg hitte tussen reënbuie nieFebruary 10, 2023
Daar was voorspellings vir ‘n sprinkaanplaag na die eerste goeie reën maar, die Suid-Afrikaanse kenner in die gebied, dr. Gerhard Verdoorn sê die seisoen vertoon anders die jaar. Hy sê daar is nie genoeg hitte tussen reënbuie nie wat die sprinkane onder druk plaas. Maar, hy voeg by, die seisoen is nog jonk en hy voorspel dat hulle later sal voorkom.