Spele: Beraad oor Rusland en Belarus se atleteFebruary 10, 2023
Die Verenigde Koninkryk bied vandag ‘n beraad aan vir 30 nasies, om Russiese en Belarussiese atlete se deelname aan volgende jaar se Olimpiese Spele in Parys te bespreek. Die Internasionale Olimpiese Komitee staar kritiek in die gesig oor sy bereidwilligheid om dié twee lande se atlete as neutrale atlete te laat deelneem. Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, sal die openingsrede op die beraad lewer. Vroeër die week het die Olimpiese komitees van die Nordiese streek, Denemarke, Finland, Ysland, Noorweë en Swede, hulle stemme gevoeg by die lande wat aandring op ‘n verbod.