Sandhof se lelies blom, hekke maak Saterdag oopFebruary 10, 2023
Dis weer sulke tyd. Die lelies by Plaas Sandhof naby Maltahöhe blom weer na goeie reënval uiteindelik in die Suide ontvang is. Die panne vol lelies is uiters gewild vir Namibiërs en toeriste. Sandhof het te kenne gegee hekke maak Saterdag om ses-uur vir besoekers oop en sluit namiddag om sewe-uur. Die lelies blom vir ongeveer vyf dae en hekke sal daagliks oopbly vir besoekers tot die blomtyd verby is.