Legendariese komponis, Bacharach, sterf op 94February 10, 2023

Die komponis van tydlose trefferliedjies, soos What the world needs now, Walk on by en I say a little prayer, is in die ouderdom van 94 oorlede. Burt Bacharach word beskou as een van die beste komponiste van popmusiek. Hy en die liriekskrywer, Hal David, het ook vir verskeie rolprent-temas gesorg, soos Pussycat, Alfie en The Look of Love. Bacharach het 73 Top 40-treffers in Amerika en 52 in Brittanje gehad. Hy het met beroemde kunstenaars saamgewerk, soos The Beatles, Barbra Streisand, Tom Jones en Frank Sinatra. Sy genres het tradisionele pop, jazz en rhythm and blues ingesluit.