Kragkrisis: Ramptoestand, elektriese minister en meerFebruary 10, 2023

President Cyril Ramaphosa het ‘n nasionale ramptoestand verklaar in reaksie op die elektrisiteitskrisis en die uitwerking daarvan. Hy het die staatsrede in Kaapstad gelewer. Lede van die EFF is uit die Huis verwyder nadat hulle die podium bestorm het. Die president van die African Transformation Movement, Vuyo Zungula, is ook beveel om die Huis te verlaat, nadat hy probeer het om verrigtinge te ontwrig. Ramaphosa sê die afkondiging van die ramptoestand is reeds in die staatskoerant gepubliseer en is onmiddellik van krag:

Intussen sê Ramaphosa hy gaan ‘n minister van elektrisiteit in die Presidensie aanstel, wat volle verantwoordelikheid sal neem vir toesig oor die elektrisiteitskrisis en die reaksie daarop: