Gemeenskapsbewaring toon groot suksesseFebruary 10, 2023
In sy jongste opdatering oor die stand van sake rakende mens-dier konflik, sê die omgewingsministerie die uitdaging moet nie die sukses van gemeenskapsbewaring ondermyn nie. In ‘n verklaring sê ministeriële woordvoerder Romeo Muyunda dat die bewaringsprogram in 2021 gesorg net vir 3 548 werksgeleenthede waaronder 998 lede van bewaringsgebiede. Die geleenthede is in toerisme, jag, en ander klein sakeondernemings. Bewaringsgebiede het 91,7 miljoen Namibiese dollar daardie jaar verdien waarvan toerisme 53 miljoen dollar gegenereer het met trofeejag wat net onder 26 miljoen dollar verdien het.