Behuisingsagterstand sal nie ingehaal word nie – nie met begroting nie
Tien jaar gelede was die agterstand vir behuising in Namibië 300 000 eenhede wat ongeveer 76 miljard Namibiese dollar, ver meer as die land se begroting, sou kos om in te haal. Die Tender Bulletin berig dat die regering steeds voortgegaan het om sy begroting vir stedelike en landelike ontwikkeling te sny tot vanjaar se 375 miljoen dollar, ‘n derde van wat agt jaar gelede toegeken is. Om die stand van sake te vererger is dit ongeveer die helfte van die 680,5 miljoen dollar wat die sekuriteitsgroepering ontvang het – wat toegeken sal word aan militêre basisse, polisiestasies en gevangenisse. Die jongste beramings van die Shackdwellers-federasie in die land toon dat ongeveer ‘n miljoen Namibiërs in informele huise woon.