Amushelelo sê hy tree terug, ‘wil bly lewe’February 10, 2023

Daar sal sonder twyfel verligting in verskeie kringe wees met die omstrede aktivis Michael Amushelelo wat vanoggend aangekondig het hy tree uit sy rol in die voorste linie teen die regering en wat hy beskryf as korrupte praktyke en uitbuiting in die land. Hy maak reeds vir ‘n geruime tyd aantygings bekend dat die polisie hom wil vermoor en hy sê hy wil nie doodgaan nie, nog minder van ‘n gemeenskap wat nie in werklikheid saam met hom en vir hom sal opstaan nie.