Wetgewing rakende invoervoertuie wel geldig
Die woordvoerder van die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, het weer ‘n ommekeer gemaak. Tonateni Shidhudhu het Woensdagnamiddag gesê die nuwe wetgewing, wat bepaal dat enige voertuig wat in ‘n buurland gekoop word, nie in transito- of vir invoer-doeleindes bestuur mag word nie, word teruggetrek vir konsultasie. Hy het die nuwe reëls so beskryf.
Na hy gesê het dié nuwe reëlings sal vir eers bespreek word, het hy het ook berigte wat die media reeds gedra het betreur. Maar, toe bevestig hy weer later dat die wetgewing wel van krag is vanaf 1 Maart.