Russiese wapentoets lok skerp reaksie in SA uit
ActionSA sê hy verwerp die regering se planne om aan ‘n gesamentlike militêre oefening met Rusland en China deel te neem, ten sterkste. Van volgende Vrydag af sal die vlote van China, Rusland en Suid-Afrika tien dae lank aan die kus van KwaZulu-Natal deelneem aan wat amptelik bekend staan as Exercise Mosi Second. ‘n Lid van ActionSA, Lerato Ngobeni, sê Suid-Afrika kan eenvoudig nie betrokke raak by ‘n nuwe koue oorlog tussen die Weste en die Ooste nie: