Efundja-waters daal, riviere stygFebruary 9, 2023

Die Namibiese Hidrologiese Diens sê efundjavlakke daal maar is steeds hoog en gevaarlik. Daar is in die afgelope week elke dag ‘n daling by verskeie moniteringspunte aangeteken. Maar, dit beteken nie die efundja kom tot sy einde nie. Water kan nog deursyfer en in 2011 is die rekordvlakke aan die einde van Maart aangeteken. Intussen styg die riviere in die noordooste steeds. By Katima Mulilo het die Zambezi-rivier met 25 sentimeter in 24 uur gestyg en vlakke is tans op 3,25 meter. Die Okavango-rivier is tans op 5,75 meter, baie hoër as die vlakke van verlede jaar. Die vlakke van die Kunene by Ruacana sak ook en vloei is tans op 228 kubieke meter water per sekonde.