Chinese ballon: Dis een van vele
Die Pentagon sê die Chinese spioenasieballon wat Saterdag aan die kus van Suid-Carolina afgeskiet is, is deel van ‘n groter waarnemingsprogram van die Chinese weermag. Soortgelyke ballonne is vermoedelik ook bedrywig oor Noord- en Suid-Amerika, Suidoos-Asië, Oos-Asië en Europa. Internasionale media berig die Pentagon sê Chinese waarnemingsballone het onder die Trump-administrasie drie keer oor dele van Amerika gevlieg, en een keer voorheen onder die Biden-administrasie, maar dis nie onmiddellik opgemerk nie.