Von Bach, Oanob vat weer water
Goeie nuus vir die sentrale gebied is dat die damme weer water ingeneem het. Von Bachdam het nog water ingeneem en staan tans op 32,5 persent met invloei wat oornag op 19,9 kubieke meter per sekonde gemeet is en teen vanoggend gesak het na 6,5. Die Swakoppoortdam het invloei van 7,1 kubieke meter per sekonde op die oomblik en die dam is tans op 79,2 persent. Swakoppoort is belangrik omdat water van die dam na Von Bach toe gepomp word vir verspreiding.