Regbank het tekort aan bronne, dienslewering is belemmer

Die 2023 regsjaar is amptelik vandag geopen deur President Hage Geingob en die hoofregter, Peter Shivute. Volgens Shivute bly finansiële uitdagings ‘n probleem en belemmer die regbank om sy pligte voldoende uit te voer. Maar, hy voeg by dat die personeel regstaan om die publiek by te staan.

President Hage Geingob het melding gemaak van oorvol hofrolle en die lang tyd wat dit vat om sake af te handel. Hy vra vir verbeterde kapasiteit deur middel van spesiale howe.