Onbekende wurm teister Omusati-boere

Boere in die Omusati-streek kla oor die voorkoms van ‘n klein wurm wat op landerye verskyn. Die oomblik wat reën ontvang word, raak die wurm weg. Die streek se goewerneur Erginus Endjala sê die wurm is nog nie geïdentifiseer nie maar amptenare van die landbouministerie het reeds die gebied besoek. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

Volgens Endjala, ten spyte van die wurm, wat moontlik beheer kan word, voorspel hy ‘n redelike goeie oes.