Gedenkteken by Ladysmith Black Mambazo-graf
Die KwaZulu-Natalse Amafa- en Navorsingsinstituut het hul voorneme aangekondig om die stigter van Ladysmith Black Mambazo, Joseph Shabalala, se graf in ‘n gedenkteken te omskep. Volgens die beroemde musiekgroep se bestuurder, Xolani Majozi, sal die gedenkteken in Ladysmith mense toelaat om die groep se geskiedenis te leer en te dokumenteer. Hy sê lede van die groep bied ‘n aantal geleenthede aan in die aanloop tot die herdenking van Shabalala se dood twee jaar gelede, insluitend ‘n musiekkompetisie en ‘n fees in die stadsaal.