Elektroniese toestelle en beurtkrag: Versekering begin vasskopFebruary 8, 2023

Sommige van Suid Afrika se grootste versekeringsmaatskappye het hul klante ingelig dat hulle binnekort alle eise, met betrekking tot elektroniese huishoudelike toestelle wat deur beurtkrag beskadig is, sal begin afkeur. Dit, nadat daar die afgelope paar maande ‘n drastiese toename gesien is in die aantal eise wat huishoudings en besighede indien na hul elektroniese ware onklaar geraak het weens die aanhoudende kragonderbrekings. Fritz Platt het die storie vir Kosmos 94.1 Nuus uit Kaapstad.