Eise vir verhoogde jagkwotas in Kunene maak nie sin nie

Reaksie word ontvang op eise deur gemeenskappe in die Kunene-streek wat vra nie net dat die vergoedingskema vir mens-dier-konflik hersien word nie, maar ook dat kwotas vir jag opgestoot word. In dieselfde asem sê die gemeenskappe droogte het die wild of laat vrek of migreer. Dr. Chris Brown, stigter van die Kamer van die Omgewing sê dit is onrealisties om vir jagkwotas te vra as die opnames nie die hoeveelhede toon nie.