Aansoek om Sasol te verbied om gaspryse op te stoot
Die Nywerheids-Gasgebruikersvereniging van Suid-Afrika het ‘n tussentydse aansoek om verligting voor die Mededingingstribunaal in Pretoria gebring om Sasol te verbied om die prys van pypleiding-gas vir die volgende 12 maande te verhoog. Die uitvoerende hoof van die vereniging, Jaco Human, sê Sasol se voorgestelde verhoging sal meebring dat die prys van pypleiding-gas van 68 Suid-Afrikaanse rand tot 133 rand per giga/joule sal styg. Hy sê hulle wil hê die tribunaal moet geen verhoging toelaat nie aangesien dit die verbruiker sal raak: