Stropery: Wettig handel in renosterhoring
Die amper verdubbeling van renosterstropery in Namibië verlede jaar teenoor 2021, wek kommer. Daar is ook vrese dat die misdaad deur sindikate aangedryf word en dit maak dit baie moeiliker om te beheer. Toerisme ly ook daaronder. Jaco Muller van die Rhino Momma-projek sê hy glo die wettiging in handel met renosterhoring is die antwoord.