SA se brandstofprys: Stelsel vir bepaling moet waaiFebruary 7, 2023

Die DA sê die ANC se wanbestuur van die beurtkragkrisis veroorsaak chaos vir sakeondernemings van alle groottes. Jan de Villiers van die party sê die regering moet onmiddellik sy model waarvolgens hy die brandstofprys vasstel, hersien en die brandstofheffing skrap om die buitensporige las op die sakesektor, en veral klein-, medium- en mikro-ondernemings, te verlig. Hy sê die ANC-administrasie plaas deur verskillende heffings ‘n vernietigende 33-persent belasting op brandstofpryse en vererger inflasiedruk op landsburgers: