MIV-entstof ‘n mislukking
Enige hoop vir die Johnson & Johnson Mosaico-entstof – die enigste MIV-entstofkandidaat in fase drie kliniese proewe – is verpletter met die vervaardiger Janssen Pharmaceuticals, se onlangse aankondiging dat die entstof nie doeltreffend is om MIV-infeksie te voorkom nie. Die Mosaico-studie is in verskeie lande in Noord- en Suid-Amerika en Europa uitgevoer om die veiligheid en doeltreffendheid van die entstof te toets by 3 900 kandidate. Alhoewel die entstof nie MIV-oordrag gestop het nie, is daar gevind dat dit veilig is.