Jake White is terug op sy posFebruary 7, 2023
Jake White hervat dié week sy rol as die Bulle se direkteur van rugby. Hy het verlede maand ‘n noodoperasie ondergaan vir ʼn bloedklont in sy dunderm. Die voormalige Springbokafrigter het onlangs ʼn ope brief geskryf waarin hy meld die groot skrik met sy gesondheid het hom ʼn ander perspektief op die lewe gegee. Volgens hom is sport nie doodsake nie, soos hy eens daarvan oortuig was, maar mens se volgende hartklop is wel. Die Bulle is tans vierde op die punteleer van die Verenigde Rugbykampioenskap en sewende op die punteleer van die Kampioenebeker.