Geingob berispe sy ministers by kabinetsopeningFebruary 7, 2023
President Hage Geingob het vanoggend die amptelike opening van die jaar se bedrywighede van die kabinet hanteer. Hy het redelik geïrriteerd voorgekom en sy ministers berispe oor die land se korrupsie-plasing. Hy sê landsleiers wil nie met die media praat nie.
Hy sê verder as daar ‘n probleem is, blameer ministers die regering maar, wanneer daar suksesse is, neem hulle krediet.