Boewe teiken N$1m se diefstal, kom net weg met drank, slotte en ‘n naelknipper
Daar was net voor die naweek ‘n waarskuwing aan sakelui in Walvisbaai om op die uitkyk te wees vir ‘n wit Volkswagen Polo-voertuig wat in Windhoek gehuur en moontlik betrokke sal wees in ‘n gewapende roof. Kosmos 94.1 Nuus het daaroor berig en nou is dit bekend dat die Erongo-polisie ‘n beplande roof van 1 miljoen Namibiese dollar gefnuik het. Daar sou blykbaar ‘n rooftog by ‘n bank uitgevoer word maar beamptes is ontplooi. Die boewe is uiteindelik vasgestrek op Swakopmund waar hulle drank, vyf slotte en ‘n naelknipper gesteel het. Die goedere se waarde word op rondom 6 000 dollar beraam.