Venaani sê hy ondersteun Riruako ten volle
PDM-leier McHenry Venaani, wat ‘n kandidaat was vir die verkiesing van die opperhoof van ‘n faksie van die Ovaherero Tradisionele Owerheid, het die pasverkose opperhoof, dr. Hoze Riruako, versoek om eenheid in die erg verdeelde gemeenskappe te vestig. Venaani sê hy het alleenlik as kandidaat gestaan om die Ovaherero te verenig. Hy sê hy ondersteun die nuwe opperhoof ten volle.