Vrede sal net kom as die Oekraïne wapens het

Die Britse minister van Buitelandse Sake, James Cleverly, sê die maklikste manier om vrede te bewerkstellig, is deur Oekraïne te help met wapens om homself teen Rusland te verdedig. Amptenare in Kiëf verwag hierdie maand ‘n groot Russiese aanval. Cleverly sê Rusland se President Vladimir Putin se ambisies eindig nie by die oorname en anneksasie van Oekraïne nie omdat hy wêreldpolitiek en internasionale orde wil omverwerp. Hy sê hy is verheug dat Duitsland en Amerika saam met die Verenigde Koninkryk tenks na Oekraïne stuur.