Kane neem eerste plek by Hotspurs

Harry Kane het Jimmy Greaves se rekord verbeter en met 267 doele Tottenham Hotspur se voorste doelskopper geword. Manchester City het die kans verspeel om die gaping tussen hulle en die leiers, Arsenal, te verklein ná ‘n een-nul-nederlaag teen Tottenham, met Kane se doel wat die uitslag bepaal het. Dit is ook sy 200ste doel in die Premierliga. Hy is slegs die derde speler saam met Alan Shearer en Wayne Rooney wat dié prestasie kon behaal. Kane sê hierdie mylpaal is ‘n droom wat waar geword het: