Blou Bul-speler verdink van moord op TUT-student
ʼn Speler van die Blou Bulle rugbyspan word met die moord op die Tshwane Universiteit van Tegnologie-student Ntokozo Xaba verbind. Hy sal na verwagting vandag in die Pretoriase streekhof verskyn. Hy is die slagoffer se eks-kêrel en is Vrydag deur die polisie ingeneem vir ondervraging. Hy was glo die laaste persoon wat Xaba lewend gesien het. Die 21-jarige se lyk is verlede week Donderdagoggend met veelvuldige steekwonde by haar buitekampuswoning in Pretoria Tuine gevind.