Bayethe vat ‘n Grammy
Die Suid-Afrikaners Zakes Bantwini en Nomcebo Zikode en fluitspeler, vervaardiger en komponis Wouter Kellerman, het ‘n Grammy gewen vir beste wêreldwye musiekvertoning vir hulle enkelsnit, Bayethe. Die trio het meegeding met musikante soos Burna Boy, Matt B en Rocky Dawuni by die 65ste Grammy-toekennings wat tans in Los Angeles gehou word. Kellerman het vroeër ook ‘n Grammy gewen en hierdie was sy vierde benoeming. Bantwini het tydens sy aanvaarding gesê elke droom is geldig: