Mabuza sê Ramaphosa aanvaar sy bedanking

Die Suid-Afrikaanse adjunk-president David Mabuza sê President Cyril Ramaphosa het sy bedanking aanvaar. Mabuza het aan roubeklaers by ‘n begrafnisdiens in Mpumalanga gesê hy stem saam met Ramaphosa dat hy moet bedank sodat die nuutverkose ANC adjunk-president, Paul Mashatile kan oorneem.  Mashatile word môre as lid van die Parlement ingesweer in aanloop tot Ramphosa se verwagte kabinetskommeling. Mabuza sê hy hou nie enige griewe nie want die ANC-adjunkpresident moet ook in die regering oorneem.