Nampol maan oor beplande gewapende rooftog in ErongoFebruary 4, 2023

Die Namibiese polisie monitor inligting oor ‘n beplande gewapende rooftog in die Erongo-streek. Volgens die bevelvoerder vir gemeenskapsake in die Erongo-streek, inspekteur Ileni Shapumba, is ‘n wit Volkswagen Polo-voertuig in Windhoek gehuur en is die rowers dalk gewapen. Die publiek en sakegemeenskappe word gemaan om op die uitkyk te wees en om enige verdagte aktiwiteite dadelik by die polisie aan te meld. Sekuriteitsmaatskappye moet hul veiligheidswagte op ‘n gereedheidsgrondslag hou.