Masel-gevalle in SA styg in Januarie
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in die buurland sê hy het die toename in masels-gevalle in Januarie voorsien. Dit volg nadat 43 nuwe laboratorium-gevalle sedert verlede week in die land bevestig is. Die instituut het die uitbreking die eerste keer bevestig nadat ongeveer 200 gevalle in Desember aangeteken is. Hy moedig inwoners aan om hulle kinders na hul plaaslike klinieke te neem vir inenting, en gee die versekering dit is nooit te laat nie.