Kruisboog-man in Windsor-kasteel pleit skuldig op hoogverraadFebruary 4, 2023
Die man wat daarvan beskuldig is dat hy in 2021 beplan het om koningin Elizabeth te vermoor, het skuld beken op ‘n aanklag van hoogverraad. Die 21-jarige Jawant Singh Chail het aan ‘n Britse hof gesê hy wou die koningin beseer na hy op Kersdag met ‘n gelaaide kruisboog in Windsor-kasteel ingesluip het. Chail is op die terrein van die koninklike woning in hegtenis geneem. Hy word op 31 Maart gevonnis.