Krieket: Reën het die laaste sê in Durban en JohannesburgFebruary 4, 2023
Krieket: Die Super Giants van Durban gaan sukkel om vir die uitspeelwedstryde van die SA20 te kwalifiseer. Hulle kon nie Vrydagaand enige punte op die punteleer byvoeg in hulle wedstryd teen die Sunrisers Eastern Cape nie want dit moes weens ‘n wolkbreuk in Durban afgelas word. Sunrisers het in daardie stadium 53 vir drie in vyf boulbeurte en twee balle bereik. Die Paarl Royals se openingskolwer, Jason Roy, se aanslag was ook verniet. Reën op die Wanderers het die wedstryd teen die Joburg Super Kings na 15 boulbeurte gekelder. Roy het agt viere en drie sesse in sy openingsalvo van 61 lopies aangeteken.