Kreef ter waarde van miljoene in Kaapstad gekonfiskeerFebruary 4, 2023
Die Maitland-blitspatrollie in Kaapstad het ‘n 21-jarige man aangekeer vir die beweerde besit van kreef sonder ‘n permit. Speurders het na ‘n wenk ‘n huis in Belhar deursoek. Altesaam 3 864 kreefsterte van 1,7 miljoen Suid-Afrikaanse rand is in die yskas aangetref. Die polisie sê die verdagte sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Bellville verskyn. Vroeër die week is drie verdagtes in Milnerton in besit van kreef betrap met ‘n straatwaarde van nege miljoen rand.