Geen borgtog vir Okahandja-egpaar ná baba se doodFebruary 4, 2023
‘n Namibiese ouerpaar wat in die landdroshof op Okahandja vir die beweerde moord op hul twee maande oue baba, Monica Blessing Swartbooi, verskyn het, is borgtog geweier. Die 32-jarige Lourencious Goigoariseb en die 31-jarige Roselda Swartbooi het voor waarnemende landdros, Revival /Goagoses, verskyn, wat die saak tot 5 April vir verdere polisie-ondersoek uitgestel. Goigoariseb het gekies om aansoek te doen vir ‘n regshulpprokureur, terwyl Roselda haarself in die hof sal verdedig. Staatsaanklaer Sirkka Nangolo het borgtog teengestaan en meen die egpaar kan dalk inmeng met die staatsgetuies. Volgens die Namibiese polisie het die ouerpaar tydens ‘n rusie die baba gegryp en elkeen het aan ‘n kant van haar getrek. Ná die rusie het hulle gaan slaap en toe die ma die baba later wou borsvoed, het sy ontdek dat die baba nie asemhaal nie. Die babameisie het sigbare kneusplekke aan haar liggaam gehad.