Wallis se rugbyunie is in ‘n krisis
Die waarnemende hoof van Wallis se rugbyunie, Nigel Walker, sê die beheerliggaam is in ‘n krisis. Dit volg ná bewerings van vrouehaat, seksisme, rassisme en homofobie wat in ‘n televisiedokumentêr uitgesaai is en Sondag tot die bedanking van die uitvoerende hoof, Steve Phillips, gelei het. Walker sê die beheerliggaam se toekoms is op die spel indien drastiese veranderinge nie plaasvind nie. Hy sê die unie se geloofwaardigheid moét nou herstel word.